Lewendehawe, Implemente & Afslaers

ASHANTE BUSHVELD LODGE & VENUE TE KOOP

ASHANTE BUSHVELD LODGE & VENUE TE KOOP

R9,000,000.00

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Uitstekende  geleentheid in die hart van die bosveld!
248 Ha bosveld wildsplaas in bergagtige omgewing. Estetiese waarde is onskatbaar. Pragtige natuurskoon met geskikte fasiliteite vir troues, konferensies en familie naweke. Die fasiliteite bestaan uit die volgende:
Kapel wat gemaklik 100 persone kan huisves.
Saal wat tot en met 120 persone kan akkommodeer vir trou onthale, konferensies en funksies.
Kroegfasiliteite buite op die groot stoep wat op die krans en rivier uitkyk.
Ten volle toegeruste kombuis met instap koelkamer.
Chalets en kamers wat tot 24 persone kan akkommodeer. Elke kamer is toegerus met 'n mini kombuis met yskassie, koffie en tee geriewe en mikrogolf oond.
Daar is ook ten volle toegeruste waskamer, stoorkamer en kantoor.
Die tentekamp bestaan uit 8 tente wat elk toegerus is met 4 beddens. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis en ablusie geriewe vir die tentekamp.
Daar is 'n 2 slaapkamer woning met "Granny Flat" met personeel kamers en motorafdak.
DIe plaas beskik ook oor skadunet tonnels waar daar vroeër intensief met komkommers geboer is. Daar is ook 2 woonhuise met 3 slaapkamers en 2 badkamers elk en verskeie store wat die boerdery gedeelte bedien.
Daar is 4 boorgate waarvan slegs een toegerus is en die een lewer 7500 liter per uur..
Daar is geen serwitute of saaklike regte op die grond geregistreer nie.
Skakel Deon by 082 920 7688 of Willem by 071 581 8954 vir meer inligting.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “ASHANTE BUSHVELD LODGE & VENUE TE KOOP”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Not finding the equipment you’re looking for?

All available equipment might not be listed. Please contact us and we will do our very best to find the machine you are looking for.